Die blou grafiek toon die persentasie (nie die werklike getalle nie) van see-genera wat uitgewis is tydens enige tydperk. Dit verteenwoordig nie alle seespesies nie, net dié waarvan fossiele bestaan. Die name van die "Groot Vyf" uitwissings is klikbare hiperskakels. (bron)
Die Ordovisium-Siluur-uitwissing was die tweede grootste uitwissingsvoorval in die Aarde se geskiedenis in terme van die persentasie biologiese genera wat uitgesterf het.[1] Twee uitwissingsfases het oënskynlik tussen sowat 450 miljoen en 440 miljoen jaar gelede plaasgevind, sowat ’n miljoen jaar uitmekaar.[2] Net die Perm-Trias-uitwissing was meer katastrofies.
In die tyd van die uitwissing was alle lewe tot die oseane en seë beperk.[3] Meer as 60% van die ongewerweldes in die see is uitgewis.[4][5] Die direkte rede vir die uitwissing is waarskynlik die beweging van die superkontinent Gondwana na die suidelike poolstreek. Dit het gelei tot ’n verkoeling, ysvorming en daling in die seevlak. Laasgenoemde het lewe aan die kus ontwrig.[2][6] Bewyse vir die ysvorming is in neerslae in die Sahara-woestyn gevind.
Die uitwissing het tydens een van die grootste diversifikasies in die Aarde se geskiedenis plaasgevind. Dit vorm die grens tussen die geologiese periodesOrdovisium en Siluur. Sowat 100 biologiese families van seelewe is uitgewis, wat sowat 49%[7] van alle genera verteenwoordig.
↑History Channel's Mega Disasters program, "Gamma Ray Burst", 2007, rebroadcast: 2008-11-13.
↑ 2,02,1Sole, R. V., en Newman, M., 2002. "Extinctions and Biodiversity in the Fossil Record – Volume Twee, The earth system: biological and ecological dimensions of global environment change" pp. 297-391, Encyclopedia of Global Environmental Change John Wilely & Sons.